• 250 ml-pompbottel met lekkerruik-handewasseep
• 250 ml-pompbottel met lekkerruik-handeroom
• 5 geure om van te kies: Seebries, Roos, Laventel, Granaat-mint en Lemoen
• Verpak in toeskuifboksie
-
Pretoria het 'n uiters interessante geskiedenis, wat verdien om geboekstaaf te word. Dit is veral van belang omdat die ontstaansgeskiedenis van die stad daarmee verband hou dat dit juis as hoofstad daargestel is. Hierdie geskiedenis strek daarenteen ook sover terug tot die oudste bekende inligting omtrent die mens in hierdie landskap. Die oorsig begin in die vroegste tye van menslike bewoning in die Pretoria-omgewing, van die Steentydperk en eindig op 1 Mei 1860 met die besluit van die Volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) dat Pretoria die hoofstand van die land sou wees. Enkele hoogtepunte uit die geskiedenis van die stad na hierdie datum, tot en met 1955, toe die stad sy eeuwording gevier het, word ook kortliks vermeld. Daarbenewens word brokkies uit die geskiedenis na 1955 ook opsommenderwys meegedeel, hoofsaaklik in die vorm van 'n tydlyn.